Christelike publikasies, boeke en kurrikulum

Lees gerus die vereistes waaraan manuskripte moet voldoen om oorweeg te word. Die volgende prosedure geld:

  • U moet ‘n voorlegging voorhou met die konsep vir u publikasie.
  • Hierdie voorlegging moet ‘n volledige motivering insluit waarom u hierdie publikasie wil uitgee.
  • Die voorlegging moet ook vergesel wees met volledige navorsing indien dit ‘n publikasie is waar daar ‘n gaping in die mark gesien word.
  • Indien Fontein Uitgewery die voorlegging aanvaar sal daar met u ‘n ooreenkoms bespreek word vir albei partye om te aanvaar en onderteken voordat die werk begin.

MANUSKRIPVOORLEGGING

  • Manuskripte moet in die volgende formaat na ons gestuur word:
  • Getik A4 bladsy
  • 12pt Calibri
  • Bladsye moet genommer wees
  • Spasiering aan die kant moet genoeg wees vir notas (2cm)
  • Bladsye moenie aan albei kante gedruk wees nie
  • Manuskrip moenie gebind wees nie
  • Dubbelspasiëring
  • Elke manuskrip moet met ‘n dekbrief vergesel word met die volgende inligting:
  • Naam en Van
  • Kontaknommer
  • E-pos adres
  • Titel van die manuskrip
  • Teikengroep waarvoor die publikasie is
  • Kort opsoming van die storie
  • Hoeveelheid woorde

TERME & VOORWAARDES

  • Manuskrip kan per epos gestuur word of per pos.
  • Terwyl manuskrip by Fontein Uitgewery voorgelê word, mag die manuskrip nie na ‘n ander uitgewery gestuur word nie.
  • Manuskripte wat per pos gestuur is word nie teruggestuur met pos nie, indien die skrywer die manuskrip wil terughê,  moet hy ‘n selfgeadresseerde koevert saam met sy manuskrip indien.
  • Fontein Uitgewery aanvaar geen aanspreeklikheid vir manuskripte wat verlore geraak het nie.  Moet dus nie oorspronklike illustrasies ens. in die voorlegging insluit nie.
  • Indien die skrywer nie self illustrasies het nie, sal dit deur die uitgewery behartig word.
  • Uitleg word deur die uitgewery behartig.
  • Kopiereg en alle belange in en aan die werk, alleenlik en uitsluitlik aan die uitgewer behoort, vry van enige eise hoegenaamd deur skrywer.